Wedding Charl and Marcelle

“Wat is liefde – Eindelose liefde saam met jou, vir altyd en vir nou” – Caroline Grace.

Die woorde van die lied weerklink in my gedagtes terwyl ek Charl en Marcelle se fotos gereed kry vir die Blog…. die een foto mooier as die ander.

Reeds tydens hul verlowingsfotosessie kon ons die liefde en respek wat Charl en Marcelle vir mekaar het, ervaar. En ek geweet… hier kom ‘n pragtige troue!

Hierdie lieflike paartjie het ‘n besonders mooi dag met hul familie en vriende gedeel. Reeds vandat ons begin het met Charl se prep fotos, het ons gelag en pret gehad… en als het net mooier en beter verloop van daar af.

Dankie, mnr en mev Coetzee, dat ons deel van jul spesiale dag kon wees. Ek bid jul alle seén en voorspoed vir jul lewe saam toe.

 

Opregte dank aan die diensverskaffers wie groot bydrae gemaak het om die dag ‘n sukses te maak:

Fotograaf: Santie Korf Photography

Assistent fotograaf: Olma Smith

Venue: Casablanca Manor

MUA : Yolandi Stoltz Viljoen,

Haar stilis : Micra Wolf van Marvella Hair studio

Koek : Helen Jacobs

 

Posted in

Leave a Comment